Notenschrift
Psalm 91 vers 2
Daar's nette, waar jou voet ook gaan,
soos van die voëlvanger;
uit donker plekke waai jou aan
'n stroom van pesdamp swanger.
Maar eewge vleuels sweef oor jou,
geruis van reusevlerke;
rondom jou is Gods eewge trou,
die harnas van die Sterke.