Notenschrift
Psalm 51 vers 3
Dis nie dié sonde alleen wat roep om straf:
ek is in ongeregtigheid gebore,
en lê voor U in doemskuld gans verlore
al van die uur van my ontvang'nis af.
U eis is waarheid in my binnenst', HEER;
en ek is tot my wesensgrond toe skuldig!
Daal af in my verborge diepte en leer
my daar u wysheid, diep en menigvuldig.
Psalm 51 onberijmd | Samenzang Psalm 51 | Tekst en beeld Psalm 51
Psalm 51 en jij