Notenschrift
Psalm 144 vers 1
Geloofd sy God wat my in wankele' tyd
'n rotssteen is en my aangord tot die stryd;
wat tot die kryg my hande toeberei,
so goed is en 'n vestingwerk vir my;
wat my die skansmuur tot redding wil verstrek,
by wie ek skuil, daar my met sy skild oordek;
wat in die stryd my altyd trou bewaak
en nou my volk aan my gehoorsaam maak.
Psalm 144 onberijmd | Samenzang Psalm 144 | Tekst en beeld Psalm 144
Psalm 144 en jij