Notenschrift
Psalm 147 vers 1
Laat voor die HERE 'n lofsang rys!
Hoe goed is dit om ons God te prys!
Hoe lieflik om van dié lof te sing,
die loflied wat ons aan Hom moet bring!
Want die HEER wil ons in guns aanskou;
die HEER wil Jerusalem herbou
en Israel wat verstrooid nog swerf,
versamel op die heilige erf.
Psalm 147 onberijmd | Samenzang Psalm 147 | Tekst en beeld Psalm 147
Psalm 147 en jij