Notenschrift
Psalm 19 vers 2
Hoe goddelik en skoon / en wonderbaar die toon
wat deur die skepping gaan!
Geen volk so onbegaaf, / geen oor so onbeskaaf,
wat nie dié taal verstaan.
Die prag van hemellyn / wat deur die wydtes skyn,
spreek daar so luid en kragtig
dat nêrens hart of oor / dié skeppingstaal nie hoor -
tot roem van God almagtig.
Psalm 19 onberijmd | Samenzang Psalm 19 | Tekst en beeld Psalm 19
Psalm 19 en jij