Psalmen
Psalm 23 vers 2
En is ek soos 'n skaap in doodsgevare,
wat in die veld as 'n prooi van wolwe gaan,
en moet ek in die doodsdal, diep en donker,
van alle hulp ontbloot, in alleenheid staan –
dan nog ken ek geen doodsvrees of verskrikking,
omdat u staf my troos is en verkwikking.